Don

Hierdie artikel handel oor die rivier in Rusland. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Don-rivier (dubbelsinnigheid).
Donrivier
Die Don naby die dorp Kalininski in die Rostof-oblast (foto 2002).
Die Don naby die dorp Kalininski in die Rostof-oblast (foto 2002).
Die Don naby die dorp Kalininski in die Rostof-oblast (foto 2002).

Die stroomgebied van die Don.

Oorsprong Nowomoskofsk (Rusland)
Monding Rusland
See van Azof, Swartsee
Stroomgebied Rusland
Lengte 1 950 km (1 212 myl)
Oorspronghoogte 180 m (591 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 935 m³/s (33 000 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 425 600 km² (164 324 myl²)
Kaart van die Don-bekken in Europa.
Kaart van die Don-bekken in Europa.

Die Don (Russies: Дон) is een van die belangrikste riviere in Rusland. Dit ontspring in die dorp Nowomoskofsk, 60 km suidoos van Toela (suidoos van Moskou), en vloei omtrent 1 950 km ver na die See van Azof.

Van sy bron af vloei die rivier suidoos na Woronezj, dan suidwes na sy mond. Die belangrikste dorp aan die Don is Rostof aan die Don en sy belangrikste sytak die Donets.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search